Landbouers in Suid Afrika en hulle goeie werkers,

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Die media in Suid Afrika is baie gou om op n toneel te verskyn waar daar onluste, brand en vernietiging is. Baie gou om te skryf oor negatiewe dinge wat gebeur, en vergelykings te tref met ander gebeure.

Verslaggewers gee publistiteit aan negatiewe gebeure, stuur videos die wereld in, en beskryf alles so sleg moontlik. Hoeveel keer het ek al gese dat daar soveel dinge is wat elke dag gebeur in die land wat positief is, en daarvan word niks gese nie.

Plaaswerkers in Suid Afrika is seker van die mees betroubaarste werkers wat mens kan kry, mense wat geslagte lank met hulle gesinne op plase bly en werk. Meeste boere het reeds vir hulle plaaswerkers voorsiening gemaak vir permanente huisvesting op ander plekke, of hulle deel gemaak van hulle boerdery. Hierdie boere pluk vandag die vrugte daarvan. In baie gevalle is werkers reeds deel van die aandeel houding.

Oor die algemeen kry sekere plaaswerkers 'n minimum loon, soos bepaal deur die regering van die dag.  Van hulle werk met toerusting, trekkers en implimente wat miljoene rande kos. Landbouers betaal hierdie werkers baie meer as die minimum salaris. Baie van die werkers is reeds opgelei om met die nuutste tegnologie te werk en doen reeds baie goed daarmee. 

Landbouers betaal graag bonusse aan werkers wat hulle kant bring en waarde toevoeg tot die besigheid deur die jaar. 

Suid Afrika se boere is harde werkers, goeie mense, en is absoluut suksesvol in hulle onderskeie boerderye. Gaan kyk gerus op plase met hoeveel respek word die werkers behandel wat in Landbou wil wees en wat suksesvol landbou hulle loopbaan gemaak het. 

Werkers op plase wat nie suksesvol in hulle werk wil wees nie, word gewoonlik deel van die opstekers en behoort aan sekere politieke partye wat onrus op rustige suksevolle plase wil toepas. Net so probeer sekere werkers unies onrus op plase aanhits. 

Suid Afrika het baie suksevolle plaas werkers wat gelukkig is in hulle werk en 'n groot bydra lewer tot Landbou. 

Plattelandse dorpies sit met duisende arm mense in plakkerskampe, wat in armoede lewe, en waarvan baie tydelike werkers op plase is.

 Daar is baie min mense wat in die Landbou wil werk, maar die wat daar is, wil daar wees,en daarom verdien hulle ook goeie geld.

Ons land en sy mense het landbouers en hulle plaaswerkers nodig, wat is lekkerder as om in die natuur te werk en te bly, maar nog lekkerder om gelukkig in jou werk te wees. 

Meeste plaaswerkers en hulle families wat gelukkig is, is baie lojaal aan hulle werk en hulle werkgewers.  Dis gewoonlik die ouers se kinders wat deur politieke partye genader word om onrus op plase te begin.

Landbouers moet gereeld met hulle werkers kommunikeer oor die politiek van die land en 'n oop gespreksforum skep waarop die werkers se vra beantwoord kan word.  Dit is belangrik dat landbouers hulleself en hulle werkers moet beskerm teen hierdie korrupte aanslag op hulle boerdery.

2019 is weer 'n verkiesingsjaar en Landbouers moet hulle gereed maak vir politieke partye wat hulle werkers wil intimideer. 

Suid Afrika se landbou is suksesvol en daar rus en vred op meeste plase. Landbouers moet bymekaar staan en mekaar en hulle werkers beskerm.

Ons kan saamwerk en van Landbou 'n baie gesogte bedryf maak.

Johanel. ANN