Nuwe tegnologie en Werkskepping in Suid Afrikaanse Landbou.

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Die landbousektor in Suid Afrika moet aanpas by veranderinge om volhoubaar en toepaslik te bly. Dit sluit in toegang tot nuwe tegnologie en onmiddellike inligting. 

Suid-Afrika se boere benut nuwe tegnologie heelwat vinniger as hul Europese eweknieë, en naastenby in dieselfde aanvaarding-tempo as Noord-Amerikaanse produsente. Meganisasie en die ontwikkeling van biologiese middels kry ook heelwat aandag.

In die lig hiervan gaan baie min landbouers in Suid Afrika weer teruggaan na boerdery praktyke van 10 jaar terug, net om werk te skep vir hande arbeiders in Suid Afrika. Suid Afrika se regering wil die landbou gebruik om werk te skep, maar daar is geen manier hoe meganisasie en tegnologie enige landbouer gaan stuit om nog meer te meganiseer nie. 

Deur hierdie tegnologie te benut, weet ‘n landbouer wat die presiese stand van sy gesaaides is en pleks daarvan om al die landerye te bemes of te besproei, kan dit net gedoen word op dele van die plaas waar dit nodig is. Dié inligting is van onskatbare waarde omdat dit die boer help om uitgawes te beperk, nie net in terme van regstreekse uitgawes (soos misstowwe of water) nie, maar ook uitgawes aan onder meer diesel en slytasie van masjinerie. Nog ’n voordeel is dat die algehele produktiwiteit van die landerye gemeet kan word deur die satellietbeelde van vorige seisoene te ontleed, wat help om insig te gee in die toekomstige saai- en bemestingsprosesse. Met behulp van die beelde kan ook bepaal word watter landerye of dele van die plaas die beste produksie lewer.

Elke dag sien ons nuwe tegnologie wat bekend gestel word. Daar is duisende jong mense met een of ander landbougraad wat glad nie eens werk kry in die korportiewe wereld nie, wat nog as 'n handearbeider by een of ander boerdery.

Daar is nog boerderye soos Neute, vrugte en ander boerdery wat intensief handearbeiders nodig het, maar met Robotte wat tans aan die ontwikkel is gaan van die werk ook skaarser raak. Daar is baie getroue arbeiders wat al vir jare diens doen op plase, sonder om onrus te veroorsaak en landbouers sal altyd na hierdie getroue werkers omsien. Maar die meeste politieke partye en werkesrs vakbonde in Suid Afrika veroorsaak arbeidsonrus en is altyd besig om eise te stel en daarmee saam organiseer hulle gewonnlik stakings en daar is altyd 'n paar belhammels wat almal intimideer. 

Dis baie belangrik dat jong mense liewer gaan leer om met die nuutste toerusting te werk en ook die tegnologie te verstaan van Presiese boerdery en robotte. Dis robotte wat die werk doen moet almal deur 'n persoon beheer en verstaan word. 

Daar is so baie moontlikhede en elke plaas is uniek omdat dit 'n ander boerdery identiteit het. Die nuwe tegnologie maak dat daar minder hande nodig is om baie meer werk te doen.

Hier is 'n paar tegnieke wat bestaan.

Die voginhoud van die grond asook die werklike evapotranspirasie – die verlies van water deur jou plante deur middel van transpirasie – verlies van water deur blootgestelde grond asook blootgestelde waterliggame kan bepaal word deur gebruik te maak van dié tegnologie. Dus kan die boer beter besproeiing aanwend sonder onnodige waterverliese en onkostes aan te gaan. Die plante se groei kan ook beheer word met die verloop van die verskillende seisoene om te bepaal hoe die plante by optimale toestande groei en so kan daar vergelykings getref en beter bestuur toegepas word vir gewasverbouing indien optimale toestande bekend is.

Landbougrond en water is skaars hulpbronne in groot dele van die wêreld en dit lei tot alternatiewe boerderypraktyke. Tegnologie gaan boere in staat stel om voedsel te produseer wat minder afhanklik is van water en grond asook arbeid. Die huidige tendens is dat boere hul ondernemings vertikaal laat groei en dit lei tot presisieboerdery gegrond op die jongste tegnologiese praktyke.

Daar is wel baie meer geleenthede vir voornemende landbouers om hulleself te vergewis van vertikale boerdery wat baie minder spasie gebruik en wat kos gee vir baie mense in die onmiddelike omgewing .Dit kan ook baie werk skep.

Landbou was altyd ’n enorme werkskepper, maar dit transformeer na ’n tegnologies gedrewe bedryf wat van hoogs vaardige arbeid gebruik maak. Volgens die verslag sal boere in tegnologie belê om suksesvol te wees en ook nuwe maniere moet ontwikkel om die verbruiker te bereik deur ’n storie aan hul produk te koppel en sodoende die unieke eienskappe daarvan te oor te dra.

Dié nuwe tegnologie hervorm die toekoms van produksie wat in geboue inbeweeg, of deur die vertikale produksie van groente, die mikrobiologiese produksie van energieprodukte of die kunsmatige produksie van vleis. Dit impliseer dat boerderybedrywighede gaan wegbeweeg van landelike gebiede na stedelike gebiede. Gevolglik sal die behoefte aan vervoer van al die produkte oor lang afstande ook verminder.

Na verwagting sal supermarkte kleiner word en regstreekse persoonlike bemarking die norm.Teen dié agtergrond is daar geen twyfel nie dat boere ter wille van oorlewing en sukses by die veranderende tye moet aanpas en sover moontlik nuwe tegnologie benut om hulle te help in hul pogings.

Daar is steeds nie ’n toename in die verskaffing van werk in die landbousektor nie, aldus die jongste arbeidsmarkopname deur Statistieke SA .

Die Regering se planne om die landbousektor in een van sy grootskaalse werkskeppers te ontwikkel, blyk sover ongeslaag te wees.
Wat belangrik is, is dat vaardighede van landbouwerkers opgeskerp moet word om tred te hou met ’n veranderende tegnologiese omgewing,
toenemende beleggings, navorsing en ontwikkeling asook geldelike ondersteuning vir ontwikkelende boere.  Werkloosheid en die gebrek aan werkgeleenthede is die grootste risiko vir Suid-Afrika. Dit word deur die regering erken en gestaaf deur onder meer syfers oor die vlakke van werkloosheid en jeugwerkloosheid. Een van die vraagstukke wat Ramaphosa wel in Davos aangeraak het, is die noodsaak vir ekonomiese groei en investering om werkgeleenthede te skep. Tito Mboweni, minister van finansies, het geen geheim daarvan gemaak dat die regeringstydperk van oudpres. Jacob Zuma Suid-Afrika minstens ’n dekade lank op sy ekonomiese ontwikkelingspad teruggehou het nie.

 Daar is wêreldwyd ’n ongekende tydperk waarin lewensgehalte verbeter word, maar dit is ook ’n tydperk van sosiale ontwrigting en onstabiliteit. Saam met dit is daar tekens dat elemente van die wêreldstelsel kwesbaar en onder druk is en dit manifesteer in die omgewing, die ekonomie, die finansiële stelsel, die samelewing en die geopolitieke omgewing.  ’n Verskuiwing in die magspatrone in die wêreld is sigbaar. Verskille in die norme en waardes van wêreldspelers is besig om meer geaksentueer te raak. Dit alles het ook te doen met werksgeleenthede en werkskepping. Daar is net vandag te veel mense op aarde en dit lyk of daar nie vir almal werk geskep kan word nie. 

Die Regering wil grond in Suid Afrika ontein sonder vergoeding vir sogenaamde grondhonger mense wat te nagekom is in die verlede. Dit terwyl daar duisende opkomende boere is wat absoluut die minimum van die regering kry om suksesvol te boer.

Suid Afrika se landbouorganisasies en Maatskappye help hierdie landbouers baie meer as die regering. Indien die regering die opkomende boere finansieel ondersteun hulle kaart en transporte aan hulle gee, kan hulle baie meer mense indiens neem om vir hulle te werk.

Alles is politiek gedrewe en op die stadium word daar weer baie beloftes gemaak wat nie nagekom gaan word nie. Daar is ook sprake dat die regering wil ondersoek instel na landbou maatskappye in Suid Afrika en hulle bedrywe. Dit sal seker eersdaag duideliker word. 

Suid Afrika se landbouers is ver op die pad van tegnologie en gaan nog verder elke jaar- daar is werklik niks te keer daaraan nie. En daarom sal daar al hoe minder werksgeleenthede binne Landbou wees. Wat die regering se plan is om 250,000 werksgeleenthede te skep en waar weet net hulle van. 

Intussen moet sekere van ons Landbouers alles in vermoee doen om die droogte te oorleef en kop bo water te hou teen die aanslae wat teen hulle kom. Maar hierdie aanslae sal hulle ook oorleef en suksesvol anderkant uitkom. 

Johanel. ANN