Landbou kry uiteindelik erkenning in die parlement- Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Die groot staatsrede is nou iets van die verlede en nou 'n jaar van doen voor- die beloftes is gemaak en nou moet ons kyk of die regering sy deel gaan doen. As jy kyk na die fotos op sosiale media dan het heelwat van die regering se mense sommer vroeg aan die slaap geraak of met hulle slimfone begin speel. 

Suid Afrika het enorme skuld en 'n groot probleem met rasisme en daarby saam nog steeds korrupsie. Die edelagbare President se woorde oor die eerste twee was maar min. Vir enige potensieele belegger is daar sekerlik nog steeds 'n klomp rooiligte na die staatsrede.

Suid-Afrika sal sy ekonomiese spel dramaties moet verbeter om die groei- en werkskeppingsteikens van die staatsrede te behaal en om die uitdagings van werkloosheid, armoede en ongelykheid meer voldoende aan te pak. Dis maklik om te se daar gaan werk geskep word, maar die detail en die plan is die belangrikste.

Met die verkiesings datum van 8 Mei insig, sal die regerende party hom nou toespits op verkiesingbeloftes om stemme te werf.

Baie hang van die verkiesingsuitslag af en of Ramaphosa die vereiste politieke mag sal hê om mense aan te stel wat verandering kan aandryf.  Daar is nog te veel faksies binne die ANC wat elkeen in sy eie rigting wil beweeg. 

Wat Landbou betref is dit kommerwekkend dat hy niks genoem het oor die erge en voortslepende droogte wat verskeie provinsies raak nie, en geen melding van die toenemende geweldsmisdaad in landelike gebiede gemaak het nie. 

Ramaphosa het wel erkenning aan die landbousektor gegee en die waardevolle bydrae wat dit tot die ekonomie lewer. Hy sê dié sektor is goed ontwikkel, veerkragtig en gediversifiseerd – en dat dit as ’n basis kan dien om die landbou en die ekonomie te laat groei. Vir die eerste keer in jare of dekades het die President 'n goeie woord gehad vir Landbou.

Die Suid-Afrikaanse Regering moet met beleidsekerheid na vore kom, oor kwellende kwessies, wat insluit onteiening sonder vergoeding en droogtehulp. Só kan ons almal saam voedselsekerheid en vooruitgang vir alle Suid-Afrikaners verseker. Op die stadium gaan die fokus eers die verkiesing wees en daarna sal grondonteining weer na vore kom. Die President het vele komitees aangestel om hom behulpsaam te wees met verskeie kwessies en daarmee saam is die komitee wat grondonteiening ondersoek reeds lankal besig met die voorbereiding van voorstelle. 

Die feit bly staan dat die president nie duidelik standpunt ingeneem het oor grondonteining nie. Wat onteiening sonder vergoeding betref, het hy net verwys na sy ondersteuning vir die parlementêre proses wat aan die gang is en die instellings wat die probleme oor grondhervorming ondersoek en binnekort met voorstelle vir die pad vorentoe moet kom.

Ramaphosa het reeds verskeie berade oor verskeie aangeleenthede gehou en dit is duidelik dat daar nog baie in die toekoms gaan wees. Dit was ook met sy uitsprake oor grondhervorming tydens die staatsrede duidelik dat hy luister na die raad van mense wat hom adviseer. Die Internasionale sektor het nog 'n sit en wag houding en gaan sekerlik nie nou na die tafel kom voor die verkiesing nie. 

Ramaphosa het vyf groot uitdagings geïdentifiseer: Alles moontlik gaan gedoen word om die ekonomie te laat groei sodat meer werkgeleenthede geskep kan word, die onderwysstelsel moet verbeter word en daar sal weer gekyk moet word na die vaardighede wat die land nodig het, die lewens van arm Suid-Afrikaners moet verbeter word, die staat se kapasiteit om vir sy mense te sorg moet versterk word, en die geveg teen korrupsie en staatskaping moet verskerp word.

Dit is baie goeie voorstelle, maar die President is nog steeds ver verhewe bo sy burgers en is nie regtig betrokke op grondvlak nie. Daar is geen Eenheid in die regering nie, wat nog van die land en sy mense.  

Hulp aan kleiner boere, ondersteuning aan die landbousektor, ’n stimuluspakket om seker te maak dat grond wat oorgedra word produktief gebruik word, die insluiting van staatsgrond vir herverdelingsdoeleindes, ’n fokus op landbouprodukte met hoë waardes is van die belangrikste aspekte wat stabiliteit in die deel van die landbou gaan bring. Die regering sal darlk eers kennis neem van wat voedselsekerheid is wanneer daar nie meer kos op hulle tafels is nie. 

Daar is byvoorbeeld groot onenigheid oor wat ’n kleinboer is, en hoe ’n stimuluspakket lyk. Sekerheid en Eenheid is wat die regering moet bewerkstellig. Ek glo nie die regering kan eers vir ons se waarheen die land en sy mense oppad is nie.

Daagliks sien ons in die media hoe korrupsie na vore kom- die regering kan eintlik 'n Hollywood film hieroor maak. Dit gaan biljoene dollars kan inbring. Dit bly nog steeds  n raaisel dat edelagbare President ook in die parlement gedien het en absoluut niks geweet het van die korrupsie nie. Die fokus is tans op die ondersoek eenhede- soos 'n mens Afrika ken is daar dalk in die skaduwee iets anders aan die gang. 

Daar was nie verwys na die onlangse spesiale ondersoekeenheid wat korrupsie in grondhervorming uitgewys het nie. Dit sal hopelik deel vorm van die groter fokus op die uitroei van korrupsie. Daar is net soveel goed waarna die President die verwys het nie. 

Voor die deur is die Minister van Finansies se begroting- dit moet 'n reddingspakket insluit vir Suid Afrika en al sy staatsbeheerde maatskappye wat feitlik leeg gemelk is onder die oe van hulle mede regerings werknemers. 

Suid Afrika se landbouleiers en organisasies het almal hulle kommentaar gelewer- tog lyk dit of die oorgrote meerderheid baie gunstig op die staatsrede gereageer het.  Kom ons kyk wat gebeur en waar staan ons land in 6 maande van nou. 

Johanel. ANN