Landbou in Suid Afrika is nie net negatief nie.

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Daar geen baie min dae verby in Suid Afrika se media, dat daar nie negatiewe beriggewing oor Landbou en sy mense is nie.  Na 'n heerlike nagrus en 'n nuwe skoon dag wat voor jou breek en waarvan jy deel is, word jy geboellie met allerhande negatiewe berigte oor hoe sleg dit gaan in die landbou. Ja- dit gaan nie goed in sekere vertakkings van Landbou nie- maar daar is ander vertakkings in Landbou waar dit uiters goed gaan. 

Dit is belangrik dat mense ingelig moet wees oor wat aangaan in Landbou wat voedselsekerheid betref- maar dis nie nodig om elke keer oor 'n sekere vertakking se ellende te berig terwyl daar ander vertakkinge is wat 'n positiewe bydra lewer tot Landbou in geheel, en waarvan daar weinig oor berig word.

Ons Agri News Net span beweeg weekliks deur dele van Suid Afrika en het heelwat inligting op grondvlak oor die situasie in Suid Afrika -

Ja  - landbou het baie skuld en die skuld moet een of ander tyd gediens word. Daagliks lees jy daarvan in die media- inteendeel sekere landbouers se skuld word in amper in detail in die media bespreek. Dis sensasie en dis waarvan die media hou.

Sekere banke is besig om die wereld witwarm te maak vir sekere landbouers, omdat hulle nie die skuld kan diens nie, maar in die proses neem die skuldeisers nog 'n geharde landbouer weg wat onvervangbaar is.Dit reen nie geld nie, maar dis een van die goed wat nodig is om suksesvol te boer en die begin van alles.

Na afloop van die koringoes in die Wes Kaap is amper alle skuld wat aan Landbouers gegee is, gedelf- dit kan gedoen word as die natuur en die weer regloop. 

Daar is te min mielies geplant in Suid Afrika, volgens die jongste oesskatings en baie van die mielies is laat geplant en volgens die slim manne met die dik brille kan die mielies dalk nie suksesvol ryp word, voor die winter nie. Inteendeel baie van die mielies is nou eers kniehoogte- maar meeste van die mielies lyk baie mooi op die stadium. En al is die stand nie goed nie, en die tyd min, kan die mielies nog 'n baie goeie opbrengs lewer.

Dit was so droog verlede jaar toe grondbone aangeplant moes word, dat Suid Afrika in 83 jaar die minste grondbone aangeplant het. Dis goed wat gebeur, maar ons landbouers gaan nie daarby le nie- Nee- hulle is al hierdeur en nog altyd oorleef.

Die Oostelike dele van die land lyk baie beter as die Westelike dele. Meeste van die  mielies is ook laat geplant, maar dit lyk goed. Daar is plekke waar sojabone en Sonneblomme baie mooi lyk na die reen. 

Met al die reens wat geval het verlede week is die bosveld besig om weer te herstel en is die kanse goed dat gras vir die winter dalk in oorvloed kan wees. Die Kalaharie was uiters droog en ook hier lyk dit al beter as 3 weke terug. Opvolg reen is absoluut noodsaaklik en ons is in die reenseisoen en damme en riviere is besig om voller te word.

Die druiweoes in Suid Afrika het verbeter en daar word 'n baie beter oes voorspel as verlede jaar. Daar gaan meer wyn geproduseer word.

Die vrugte en groente bedryf het ook baie skade gehad maar dit kan ook herstel.  Bees, skaap en vark produsente se pryse vir hulle vee is nie wat hulle wil he nie, maar dit gaan ook herstel in die toekoms. Ons Land se eier voorraad is al meer as wat dit moet wees na die groot verliese wat gelei is. 

Die Westelike dele van die land het ook reen gehad die afgelope twee weke- van die kinders wat in die droogte gebore is, het nog nooit reen gesien nie. 

Daar is plekke wat nog baie droog is en wat nog geen reen gehad het nie, dit is onverklaarbaar, maar gelukkig is daar medeboere en organisasies wat hierdie mense help. Hierdie landbouers byt vas en hulle hoop vervaag nooit nie. 

Die Wildtuin is papnat en die gras gaan in oorvloed wees. Daar is soveel om voor dankbaar te wees. 

Hierdie was maar net 'n voorbeeld van alles wat goed gaan. Weekliks verskyn nuusvrystellings waarin verslag gedoen word oor elke landbou bedryf aan sy lede in Suid Afrika en daar is baie meer inligting beskikbaar oor elke vertakking. Daar is nog baie ander goeie nuus. 

Ons sit met enorme probleme in Suid Afrika wat betref die regering se onvermoee om Suid Afrika te bestuur- en voordat daar nie eenheid in die regering is en in die land nie, gaan ons maar sukkel. Suid Afrika se landbou organisasies en maatskappye is uiters bekwaam en sal die nodige doen wanneer die tyd ryp is. Saam met dit het ons van die beste tegnolgie in die wereld om Landbou nog meer suksesvol te maak.

Landbou ekonome en raadgewers van verskeie maatskappye en organisasies is uiters bekwaam in hulle werk. 

Daar is en was nog altyd uitkoms- dit gaan weer goed gaan waar dit nou nie goed gaan nie- Landbou is net daardie een tree voor en dit maak Landbou 'n wenner. Ons kan nie toelaat dat ons landbou deur negatiewe stories sy passie verloor nie. 

Maar ons moet ophou om heeltyd negatief te praat en dood te spreek. Daar is so baie goed waarvoor ons dankbaar kan wees en dit alleen is genoeg om hierdie wa deur die drif te trek. Solank jy gesond is gaan jou planne nie opraak nie. 

Suid Afrika se landbouers is van die beste in die wereld- en op die stadium onvervangbaar- en as skuldeisers begin om die"goue ganse" wat die "eiers" le te begin slag gaan dit 'n groot slag wees vir Landbou. Die keuse van 'n landbouer wees, is en was nog elke Landbouers se eie keuse.  Daarom moet almal saam staan om die aanslae teen Landbou en sy mense te weerstaan. 

Vermy al hierdie negatiewe beriggewing as jy kan, neem kennis daarvan, maar moenie daaroor verder praat en na jou aantrek nie.

Landbouers is 'doeners' nie praters nie- bly kalm en gebruik die kennis wat jy het met wysheid en moet nooit jou beheer verloor nie.

Bly nederig, glo in jouself en in wat jy doen, behou jou waardes en moenie afdaal na 'n laer vlak van denke nie en  moenie met jou hoed in jou hand staan voor enige mens nie. Jy het hard gewerk vir alles. Jy sal weer sukses sien. 

Johanel ANN.