Landbou as beroep- Suid Afrika

Landbou as beroep- Suid Afrika

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Die landbou in Suid Afrika is nie ’n argaïese beroep met ’n beperkte toekoms nie – dis vele beroepe ineen, waar sukses behaal kan word en ’n volhoubare toekoms geskep kan word.

Landbou het regstreeks te doen met van die wêreld se grootste ekonomiese uitdagings soos oorbevolking, omgewingsbesoedeling en voedseltekorte. Dis ’n loopbaan vir die natuur- en diereliefhebber, die kos-entoesias, die sakeman, en die belangrikste – ’n beroep wat bydra tot omgewingsbewaring, volhoubaarheid en voedselsekuriteit.

Bykans elke industrie hou verband met landbou. Hoe, mag jy vra, is voertuigvervaardiging verwant aan landbou? Eintlik, op baie maniere, maar een duidelike voorbeeld is dit waarop jy in jou motor sit. Jou sitplek is waarskynlik gemaak van materiaal of leer, wat beide produkte is van die landboubedryf. Daar is nog baie ander voorbeelde- maar in kort- alles kom van landbou in een of ander manier.


Jy mag dalk nou dink, “Ja, maar wat van die rekenaar wat gebruik is om hierdie dokument saam te stel – die tegnologie industrie kan sekerlik nie verwant wees aan die landbou nie”. Al ooit gehoor van soja-ink? Dis reg, al hoe meer vervaardigers gebruik omgewingsvriendelike ink wat gemaak is van sojabone en natuurlik die papier waarop die dokument gedruk is, is ook ‘n belangrike produk van die landboubedryf.

Elke keer as jy eet moet jy besef dat landbou oral is! Dit is hoekom jy die tyd moet neem om ondersoek in te stel na die talle opwindende loopbaangeleenthede wat die landbou-industrie jou kan bied.

Meer as 50% van alle beroepe in die landbou is in die hoofstede van die wêreld: Teen 2050 moet die wêreld se voedselproduksie met 70% styg om te voldoen aan die groeiende wêreldbevolking se behoeftes.


Tans bestaan sowat 56 000 werksgeleenthede in die landbousektor in Noord-Amerika. Terselfdertyd verklaar ‘n klein Europese landjie, soos die Oekraïne, dat hy oor vyf jaar meer as 5 miljoen landbouspesialiste gaan benodig – met net 200 000 studente in dié land wat in die landbou bestudeer. Een uit agt werksgeleenthede in Kanada is in die landbousektor.

Statistieke soos hierdie laat mens wonder hoe verkeerd jy kan gaan met landbou-gerigte studies en beroep-spesialisasie? Suid Afrika het sy eie statistieke- 34 000 -Suid Afrikaanse kommersiële boere lewer sowat 95% van die land se voedsel. Dit beteken dat minder as 0,07% van die bevolking verantwoordelik is vir die hele land se voedselsekerheid, terwyl hulle boonop lone aan van 650 000 tot 800 000 mense betaal. Die jongste statistieke volgens die slim ekonome dui daarop dat daar al amper 56,000 landbouers in Suid Afrika is saam met die beginnerboere en bestaansboere. 

Die realiteit is egter dat die landbou nie slegs boerdery is nie, maar fokus op die hele voedselketting, om die omgewing te bestuur en die menslike impak op natuurlike hulpbronne te beperk. Meer as 50% van alle beroepe in die landbou-industrie is in hoofstede.

In Australië is een uit elke ses werke in die agri-bedryf en daar is ongeveer vier werksgeleenthede vir elke gekwalifiseerde landboustudent.
Jy hoef egter nie in die landbou te gaan studeer nie.

‘n Groot verskeidenheid mense van alle agtergronde kan ‘n suksesvolle beroep in die landbousektor hê – van tegnologie tot besigheid, bemarking, wetenskap, meganiese en elektriese beroepe.

  Landbou en die prys van Suid Afrika se onwaarskynlike herstel

Die wêreldbevolking neem daagliks toe en dit beteken wêreldwye geleenthede vir opgeleide arbeid dwarsdeur die landbousektor.
Die landbou is ‘n goudmyn vir jong entrepreneurs – dink maar aan organiese produksie en verspreiding, om slegs een te noem.
Tegnologiese en wetenskaplike ontwikkeling in die veld van die landbou raak toenemend belangrik soos natuurlike hulpbronne skaarser raak en klimaatspatrone verander.
Die wêreld het voedsel nodig en die landbou sit dit op die tafel, maar die boer kan dit nie alleen doen nie.

Alles klink en word lekker beskryf- maar om 'n landbouer in Suid Afrika te wees is nie meer so lekker as wat dit was nie. Met die huidige regering se aanslag teen grond en Landbou, is ons landbouers gedurig onder druk. Met die regering se arbediswette wat net na eenkant toe werk in die guns van werkers,is dit nie meer so lekker om met werkers te deel wat heeltyd onder die invloed van politieke partye is wat heeltyd met opset probleme veroorsaak nie. 

Daar word deesdae meer geskryf en gepraat in die media oor  "bestaansboere en sogenaamde "klein boere" wat gehelp moet word. Dit moet gebeur en die regering het nog baie min gedoen om landbouers suksesvol te vestig. Baie van die boere is suksesvol en baie van hulle se suksestories word in die media gedeel. Meeste van die boere het op die harde manier geleer en met absoluut niks begin nie, dis waarom hulle alles wat hulle het, waardeer en oppas. Die boere sal suksesvol wees in Suid Afrika se landbou en hulle begin ook heel anders dink oor Landbou.

Grondbesetters is eintlik plakkers wat net op 'n stuk grond wil bly en nog steeds met die hoed in hand staan en hulle politieke leiers soos skape volg en afhanklik wil wees van die staat. Baie min van die besetters wil eintlik suksesvol boer en hoop dat iemand later die grond waarop hulle aanspraak maak wil koop. 

Voordat grondonteiening soos dit genoem word nie suksesvol afgehandel word nie, gaan daar nie baie vooruitgang wees nie en gaan sekere landbouers begin kyk na altermatiewe beroepe. 

Daar word heeltyd geskree vir grond en Landbouers word uitgekryt deur seker politieke partye as gronddiewe. Banke en finansiele organisasies is nie meer so gewillig om landbouers by te staan met finansiering nie en ons huidige landbouers moet hard baklei om suksesvol voedsel te produseer.

Landbouorganisasies en maatskappye praat deesdae baie meer namens die Suid Afrika se landbouers. Daar is soveel belangstelling in Landbou dat verskeie mense nou Landbou Televisie programme wil vervaardig of hulle nou kennis het of nie. 

Die geslag Landbouers wat tans in Suid Afrika boer het jare kennis en wysheid en dis waarom hulle so suksesvol voedsel produseer. Jy word 'n landbouer gebore en dis waarom meeste van hulle suksesvol is. 

Ons land het regte egte landbouers nodig wat met sukses kan boer en voedsel produseer. Landbouers met kennis van tegnologie en die vermoee om vinnig besluite te neem. Landbouers wat weet wat werk is en wat 'n passie het vir boerdery. 

Landbou het baie verander en gaan nog baie verander- die vraag is net of huidige landbouers nog steeds satisfaksie gaan kry uit boerdery omdat alle in die toekoms dalk net met die druk van knoppie gaan werk. Daardie diepe konneksie met grond, water en diere asook die natuur gaan dalk minder wees. 

Robotte en meganisasie gaan alles oorneem. Die regering se oe is gemik op Landbou om werk te skep, maar as jy 'n werklike landbouer is en jy is al deur verskeie arbeidsprobleme gegaan het,sal jy so gou as moontlik meganiseer. 

Daar is geharde en suksesvolle werkers op die plaas wat lojaal is aan hulle werkgewers en hulle steur aan al die opreuende toesprake en dreigemente van dreigende politieke partye en regeringsamptenare nie. Hierdie werkers sal altyd indiens wees en sal ook deel in al die voordele wat die werkgewers hulle bied. Daar is vele voorbeelde van suksevolle boerderye waar hulle as aandeelhouers opgeneem is. 

As jy wil boer vandag- het jy grond nodig waarop jy suksesvol voedsel kan produseer en daarmee saam kom finansiering en 'n passie vir landbou en alles wat daarmee saam gaan. Saam met dit loop nog geduld, geloof en deursettingvermoee en selfdissipline-

Suid Afrika se landbou is gesond en is suksesvol- wanneer jy oor landbou gebiede vlieg sien jy strukture en orde- netjies en professioneel.  Daar is min dinge in Suid Afrika wat nog in werkende toestand is- agv die regering se onvermoee om instandhouding te doen. 

Landbou en sy mense is gereed om die grondkwessie suksesvol af te handel en meer plek te maak vir jong landbouers wat wil werk en wil boer saam met ons huidige suksesvolle landbouers.

Opkomende boere kry baie hulp van die regering en van die boere is is baie suksesvol en dit baie goed in landbou. 

Landbou moet uit een mond praat en dit sal Landbou nog meer suksesvol maak.