'n Nuwe Produksie seisoen in Suid Afrika- Somergraan.

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Suid Afrika se somergraanprodusente het 2 jaar agtermekaar rekord oeste gelewer- en dit na een van die ergste droogtejare (2015/16) in die geskiedenis van Suid Afrika- en dit kan weer gebeur- nie soos in ander landbou media's reeds voorspraak gemaak word vir 'n swak seisoen nie. 

Suid Afrika se landbouers is onder geweldige druk van alle kante. 'n Regering waarvan sekere lede reeds die staatskas leeg gesteel het en wat nou ons Landbouers onder druk sit om hulle grond sonder onteiening te vat. Verder is stygende insetkoste agv die wisselkoers 'n ander kopseer vir ons landbouers. Branstofpryse is onbeheerbaar volgens die regering.

Landbou en sy organisasies is betrek by samesprekings met die regering om die grondkwessie op te los. Maar intussen moet ons ook lees in die pers en sien hoe ons edelagbare Staatspresident in Amerika se dat daar geen plaasmoorde in Suid Afrika is nie, asook geen grondgrype nie. Sy verduideliking daarna is heel vaag. 

Banke en finansieele instellings verklaar nog elke jaar rekord winste maar sit ons landbouers net so onder druk met skuld invordering en uitverkopings waar daar nie meer sekeriteit is nie. Daagliks sien ons hoeveel uitverkopings geadverteer word deur banke en ander skuldeisers in die media. Daar is is tog sekere banke wat met meer sekerheid en empatie na landbouers se situasies kyk. 

Meeste van hierdie amptenare en hulle direkteure dink nie verder oor die toekoms nie- elke boer wat hulle uit boerdery haal is 'n groot verlies vir voedselproduksie. Jy skop nie 'n geharde boer onder elke bos uit nie. En- moenie guns verwag as jy nie guns toelaat nie.

Geen landbouer wat al deur banke en skuldeisers gejaag is vergeet die persone wat hom van sy lewe en plaas gehaal het nie. En voor jy nie daardeur is nie weet jy nie wat dit is nie.  Meeste van die landbouers het weer opgestaan maar nooit weer gedeel met die mense nie. 

Dis tyd dat banke weer soos in die ou dae hulle landbouers beter leer ken en nie net na syfers kyk nie. Daar is reeds uitlatings gemaak deur sekere banke dat jy as landbouer verantwoordelik gaan wees vir jou skuld as die regering jou grond onteien sonder vergoeding. Dit sal nooit ooit gebeur nie en as dit gebeur gaan jy nooit die einde sien nie. 

Korporatiewe Landbou maatskappye is meer in voeling met hulle aandeelhouers en landbouers aan wie hulle krediet verskaf, maar kan ook ongevoelig raak as hulle onder druk is. 


Maar die natuur is nie voorspelbaar nie en as jy gaan glo in wat ekonome en weervoorspellers vir jou se, gaan jy dalk die grootse oes van jou lewe mis. Net jy weet waartoe jy instaat is en wat jy nodig het om 'n winsgewende oes op te lewer. Die voorspellers is nie landbouers nie, hulle ken nie jou beroep nie en syfers en data is al waar op hulle werk en hulleself uitspreek. Sien dit as 'n boodskap en maak daarmee wat jy wil.


Meeste van die mense is salaristrekkers met een of ander  toepaslike graad en baie kennis van wat hulle geleer het en moet binne die korporatiewe beleid hulle werk doen en daardeur ook sorg dat hulle verseker is van hulle werk en inkomste deur nie buite die neergelegte lyne van hulle maatskappy te beweeg nie. Hulle moet hulle voorspellings en bewerings kan staaf met inligting wat op daardie stadium tot hulle beskikking was.

Ons landbouers is van die beste in die wereld en weet hoe om rekordoeste te produseer omdat hulle geloof het in wat hulle doen met oorgawe.
Hulle het baie kennis, wat meeste van ons gesoute ouer landbouers met wysheid toepas soos hulle geleer het deur die jare. 

Een of ander slim Landbou applikasie gaan jou nie verseker van 'n rekordoes nie, maar is bloot 'n baie goeie hulpmiddel om dit dalk makliker te maak om sekere besluite te neem oor jou eie boedery. Maar dis nog steeds jou inligting wat nodig is om hierdie data te verskaf. Die nuwe seisoen is voor die deur en doen wat jy dink om te doen, neem kennis wat die ekonome skryf en pas dit toe soos jy goeddink.

Bly weg van doemprofete en die negatiewe media en doen wat jy nog altyd goed gedoen het. Moenie betrokke raak by al hierdie negatiewe geselsies nie, neem kennis en sorg dat jou woorde lewe spreek. 

Moenie dat die regering en politieke leiers se praaitjies jou onstel nie. Arrogansie en selfwaan was nog altyd die begin van enige persoon se ondergang. 

Die koring in die Wes- Kaap wat in die droog grond geplant is, is mooi en gaan 'n oes lewer, inteendeel daar kom 'n rekordoes in verskeie dele. Ons Agri News Net span ry gereeld deur die Wes Kaap. Ons gun hierdie landbouers net die beste. Die damme was 'n jaar gelede leeg- dis amper vol en ons weet hoe negatief die media daaroor gerapporteer het. 

Alles het 'n einde- en die natuur kan in 24 uur omdraai en totaal en al verander. As die landbouers na weervoorspellings geluister het en na al die slim voorspellings was daar nie koring in die grond nie.

Weereens het ons Landbouers bewys dat hulle van die beste landbouers in wereld is. Geregtigheid het nog altyd gewen- wees sterk en moenie 'n probleem groter sien of praat as wat dit werklik is nie. Luister en pak elke probleem aan en kry soveel kennis as wat jy kan, maar pas dit met wysheid toe en behou jou selfrespek ten alle tye.

Kyk na jou gesondheid, ondersteun jou familie en die mense wat jy lief is. Staan vas en vertrou- Ondersteun jou mede boere en deel kennis uit, maar moenie deel word van 'n trop nie. Weet hoekom jy daar is en weet wanneer om te loop.  


Vat hierdie seisoen en gee dit weer net jou beste... en vanjaar gaan alles oor hoe om brandstof te bespaar en die duur insetkoste te oorbrug sonder om die werklike insette minder te maak, want dit kan jou vorentoe inhaal. 

Alles is net tydelik-en sal weer verander- niemand kan jou kennis en wysheid van jou ontneem nie- glo in jouself- pas jou liggaam op en bly altyd in beheer- jy staan vas- Dit wat nou donker lyk sal ook verbygaan en die lig gaan twee maal helderder skyn hierna.

  Johanel. ANN CRA MEDIA

ADVERTORIAL  Quanlim Life

Quanlim Life- weet wat ons landbouers deurgaan en daarom weet ons hoe om ons Landbouers gesond te hou- Met 25 jaar praktiese boerdery ervaring weet ons wat "stress" is wat dit aan ons landbouers doen. 

Die mediese profesie voer hierde landbouers met "drugs" in die vorm van Slaappille en allerhande sterk kalmeer pille- maar los nog steeds nie die probleem op nie en hulle gesondheid gaan agteruit. Meeste is al op Kroniese medisyne wat miljoene rande per maand inbring vir die mediese beroep. Jou liggaam het voedingstowwe nodig net soos jou grond en geen "drug" wat voorgeskryf word deur 'n sekere Dokters sal dit genees nie. Jy moet eers bepaal wat se voedingstowwe jou liggaan nodig het voor jy dit gebruik. Jou liggaam moet gebalanseer wees en jou organe moet almal korrek funksioneer. 

Daar is net een manier om sterk te bly en ons het baie sukses daarmee. 

Besoek gerus www.quanlim.com