Van klein oesdag tot wêreld klas skou-  Nampo 2026

Van klein oesdag tot wêreld klas skou- Nampo 2026

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

So­wat 200 men­se het die eer­ste Sam­pi-oes­dag in 1967 by­ge­woon. Net meer as ’n half­eeu la­ter is die Nam­po-oes­dag die groot­ste ten­toon­stel­ling in sy soort in die Sui­de­li­ke Half­rond, 

Dit het “die d­rie mus­ke­tiers van Bloem­fon­tein” bloed­sweet ge­kos om die eer­ste Sam­pi-oes­dag op die plaas Don­ker­hoek bui­te Bloem­fon­tein te re­ël. Skaars 200 men­se het dit op 7 en 8 Ju­nie 1967 by­ge­woon.

Die d­rie, mn­re. Han­nes van Wyk, Moos Had­dad en Ge­or­ge S­teg­mann, wou boe­re en ma­sji­ne­rie­ver­vaar­di­gers by me­kaar bring. “Daar was ’n we­sen­li­ke be­hoef­te om t­rek­kers en werk­tuie op ’n gro­ter skaal te sien as wan­neer slegs een maat­skap­py sy pro­duk­te op jou plaas kom de­mon­streer,” ver­tel Van Wyk la­ter.

Die te­kens voor­af was be­lo­wend. “Ek ver­trou dat die oes­dag nog een­dag wê­reld­be­roemd sal raak – soos die blom­me­fees van Ne­der­land, die Ryn­fees­te van Duits­land en Wind­hoek se kar­na­val,” sê dr. Wil­lie Kot­ze, die eer­tyd­se di­rek­teur van Sam­pi, ná daar­die eer­ste oes­dag.

Die vol­gen­de jaar was daar 600 be­soe­kers en daar­na het die oes­dag vin­nig ge­wild ge­word. Reeds in 1969 is dit uit­ge­brei na an­der stre­ke – on­der meer na S­tan­der­ton en Ot­tos­dal – en in 1972 is ’n nu­we kon­sep be­dink, naam­lik ’n en­ke­le, sen­tra­le “oes­dag”, maar wat oor vier of vyf dae sou strek.

Ook dít was in die kol. Die plaas Mart­ha­vil­le na­by Bot­ha­vil­le in die Vry­staat is in 1974 as heel­tyd­se oes­dag­ter­rein be­kom om­dat on­ge­veer 80% van die des­tyd­se mie­lie­pro­duk­sie­ge­bied bin­ne ’n ra­di­us van 160 km van­af

Bot­ha­vil­le ge­leë is.

Van­dag is die Nam­po-oes­dag die groot­ste ten­toon­stel­ling in sy soort in die Sui­de­li­ke Half­rond. Dit lok feit­lik die he­le Suid-A­fri­kaan­se land­bou­ge­meen­skap. Meer as 80 000 men­se be­soek dit en die 800 uit­stal­lers kom van so ver as Hon­ga­rye, Bra­si­lië, Pa­ki­stan en Ka­na­da.

KLEIN BE­GIN

Je­an le Roux, wat tot 2010 hoof van pro­mo­sies by Land­bou­week­blad was, het in 1967 die eer­ste oes­dag in Bloem­fon­tein by­ge­woon – en nóg 28 daar­na – en ont­hou die be­gin­ja­re só: “Die klem was baie meer op de­mon­stra­sies van werk­tuie, wat la­ter ja­re be­ëin­dig is. Dit is ook on­moont­lik om die eer­ste oes­dae met van­dag s’n te ver­ge­lyk. Al­les het ge­groei, maar dit be­te­ken nie dat die oes­dag in die ver­le­de nie ook in­druk­wek­kend was nie.”

C­harl van Rooy­en, ’n as­sis­tent­re­dak­teur van Land­bou­week­blad, het nooit ge­dink die oes­dag sou só groot word nie. “Toe ek Nam­po vir die eer­ste keer in 1974 as joer­na­lis van Volks­blad be­gin by­woon het, kon jy die ter­rein in een dag ver­ken. Nou duur dit vier dae vir my en twee kol­le­gas om elk­een ’n der­de van die ter­rein te fyn­kam vir nu­we toe­rus­ting,” ver­tel hy.

In 1980 het Sam­pi en Samso saam­ge­smelt en die Na­si­o­na­le Mie­lie­pro­du­sen­te-or­ga­ni­sa­sie (Nam­po) ge­vorm. In die by­kans 20 jaar daar­na het die Nam­po-oes­dag tot een van die bekendste Suid-A­fri­kaan­se land­bou­han­dels­mer­ke ont­wik­kel.

VER­MAAK

“Die oes­dag is een van daar­die ge­beur­te­nis­se wat ’n mens nie durf mis­loop nie,” sê mnr. Ja­pie Gro­bler, voor­sit­ter van Nam­po in 1996. “Oor dié paar dae is dit waar al­les op die ge­bied van die land­bou ge­beur.” Vol­gens mnr. Giel van Zyl, voor­ma­li­ge hoof­be­stuur­der van Nam­po én Graan SA, is die oes­dag­pro­jek meer as net dié in­ko­pie­plek vir boe­re, dit skep ook sa­me­ho­rig­heid on­der graan­boe­re. Dit was da­rem nie al­les werk en geen tyd vir speel nie. Die Landman (voor­gan­ger van die tyd­skrif SA Graan/Grain) van 1974 be­rig: “Vir die aan­de is daar vuur­warm ver­maak. Dit sluit in ’n ver­skei­den­heids­kon­sert, ’n ka­ba­ret­ver­to­ning en ’n oes­dag­bal.” Van Zyl ont­hou hoe daar ná af­loop van die vroeg­ste oes­dae se ver­rig­tin­ge in ’n tent tot lig­dag só ge­dans en jo­lyt ge­hou is “dat selfs die tent by­na in die stof ge­byt het”.

IETS VIR AL­MAL

Die Nam­po-oes­dag het d­rie doel­wit­te, sê mnr. Jan­nie de Vil­liers,  vorige uit­voe­ren­de hoof van Graan SA. Eer­stens help dit boe­re om meer vol­hou­baar te boer en gro­ter wins te toon. Die jong­ste teg­no­lo­gie word op een plek ge­wys so­dat boe­re dit met me­kaar kan ver­ge­lyk.

Dan is Nam­po ’n ge­leent­heid om net­wer­ke te bou. Boe­re kan met me­kaar praat. Lei­ers kan aan de­bat­te deel­neem. Die sek­tor kan pro­ble­me op­los en sy waar­des ves­tig en uit­dra.

Der­dens is dit ook dié groot jaar­lik­se ge­leent­heid om die land­bou se beeld te bou. “Ons wil ver­al vir nie-land­bou­ers wys hoe voed­sel­se­ker­heid lyk. Dit wys op ’n baie fi­sie­ke ma­nier hoe voed­sel ge­pro­du­seer word en wat dit kos om dit te kan doen,” sê De Vil­liers.

“Graan SA droom ook dat meer van die be­leid­ma­kers en po­li­ti­ci Nam­po kom be­soek om hul­self te ver­ge­wis waar­oor hul­le daag­liks be­slui­te moet neem.”

Wat in 1967 be­gin is as ’n ge­leent­heid vir mie­lie­boe­re om toe­rus­ting op een plek teen me­kaar op te weeg, het ge­groei tot ’n land­bou­han­del­skou van in­ter­na­si­o­na­le for­maat, waar jy van mas­sa­wa­ens en stro­pers tot vee­han­te­ring- en lug­be­spui­ting-toe­rus­ting kan sien.

In 2016 het die uit­stal­lers­a­rea van Nam­po-park 187 690 m2 be­slaan. Daar­van is 17 060 m2 bin­nens­huis.

“Die oes­dag is lank­al nie meer net op die graan­be­dryf ge­fo­kus nie,” sê De Vil­liers.

“Ons ver­wag dat meer en meer di­ver­si­fi­ka­sie deel van die toe­koms sal uit­maak.”

Wild en vlieg­tuie word in 2014 in twee nu­we uit­stal­lers­af­de­lings ge­ves­tig. Die te­lers­ge­noot­skap­pe van 32 bees-, tien skaap-, ses bok-, twee per­de­ras­se en ’n vark­ras stal jaar­liks uit.

“Graan SA se Nam­po-oes­dag maak ’n an­der wê­reld vir ’n mens oop,” sê mnr. Co­bus van Col­ler, oes­dag­voor­sit­ter in 2012. “’n Boer se be­hoef­te en fo­kus op sy plaas is el­ke jaar an­ders en on­der hier­die groot oes­dag­sam­breel is daar iets om elk­een se spe­si­fie­ke be­hoef­te te be­vre­dig.

“Die oes­dag spreek tot die breë pu­bliek as ver­brui­kers van ons land­bou­pro­duk­te. Dit spreek tot al­le pro­du­sen­te in ons land. Dit spreek tot be­sluit­ne­mers in re­ge­rings­krin­ge en die be­dryf. Dit spreek selfs tot die in­ter­na­si­o­na­le a­re­na en die groei­en­de be­lang­stel­ling uit die bui­te­land be­ves­tig dit.”

 Van klein oesdag tot wêreld klas skou- Nampo 2024

So­lank die uit­stal­lers waar­de kan toe­voeg tot el­ke boer­de­ry, sal boe­re die oes­dag bly by­woon.

“Suid-A­fri­ka se boe­re staan in die wê­reld be­kend dat hul­le die mak­lik­ste na nu­we teg­no­lo­gie oor­slaan. Dit het te doen met die feit dat wins­mar­ges klein is en daar by­na geen on­der­steu­ning van die staat vir die land­bou is nie. ‘ ’n Boer maak ’n plan’ is die ge­ne wat dit aan­dryf. Die wins­ge­wend­heid van die land­bou is on­der groot druk en dit be­ïn­vloed die ma­te waar­toe nu­we aan­ko­pe en be­leg­gings plaas­vind.”

Uit­stal­lers sal aan­hou kom so­lank daar flink sa­ke ge­doen word. Uit­stal­lers sal al hoe meer hul pro­duk aan voor­ne­men­de ko­pers wil de­mon­streer en wys hoe dit die boer se wins kan ver­hoog.

“Graan SA se knel­punt is om die in­fra­struk­tuur – wa­ter, krag en ri­ool – op die ter­rein in stand te hou en só uit te brei dat ons meer be­soe­kers kan huis­ves.” Die bly­plek in die om­ge­wing bly ’n be­per­king, as­ook die toe­gangs­roe­tes tot Nam­po­park. Die vrye mark en wins­ge­wend­heid bly die dryf­veer vir boe­re en vir uit­stal­lers.

IN­TER­NA­SI­O­NA­LE DEELNAME

“Tal­le lan­de sien Suid A­fri­ka as ’n deur­gang om sa­ke­be­lan­ge in A­fri­ka te ves­tig .Die oes­dag bied ’n ge­leent­heid om ven­noot­skap­pe aan te gaan.” Ver­al in die laas­te de­ka­de het in­ter­na­si­o­na­le be­lang­stel­ling sterk ge­groei:

’n Af­vaar­di­ging van Ar­gen­ti­nië het in 2008 die eer­ste keer aan die oes­dag deel­ge­neem. Dit ont­wik­kel tot ’n Ar­gen­tyn­se pa­vil­joen.

So­wat vyf A­me­ri­kaan­se uit­stal­lers neem se­dert 2010 deel en pro­duk­te uit Aus­tra­lië word ook ten toon ge­stel.

Van­af 2011 kom be­soe­kers­groe­pe uit A­fri­ka.

Teen 2012 vorm ge­sa­ment­li­ke uit­stal­lings vanuit A­me­ri­ka en Ar­gen­ti­nië deel van die oor­se­se uit­stal­lers, met in­di­vi­du­e­le uit­stal­lers uit Pa­ki­stan, Bra­si­lië, I­ta­lië en De­ne­mar­ke. Meer as 45 in­ter­na­si­o­na­le uit­stal­lers is teen 2013 by die oes­dag be­trok­ke.

In 2014 het in­ter­na­si­o­na­le af­vaar­di­gings uit A­me­ri­ka, Ar­gen­ti­nië, Bra­si­lië, De­ne­mar­ke, Frank­ryk, Hon­ga­rye, I­ta­lië, Is­rael, In­dië, Ka­na­da, die

Oe­kra­ï­ne, C­hi­na en ver­skeie A­fri­ka­lan­de die oes­dag be­soek.

BOE­RE­PLAN­NE

In 2018 het Land­bou­week­blad, Om­nia en Graan SA nu­we le­we in die Boe­re­pa­tent-kom­pe­ti­sie ge­blaas. Die tyd­skrif se week­lik­se Boe­re­plan-ar­ti­kel dien nou as re­dak­si­o­ne­le aan­loop daar­voor en dek al­les van plan­ne vir ’n ont­sou­tings­aan­leg en on­der­grond­se be­sproei­ing­stel­sel tot ’n e­lek­trie­se krag­voer­men­ger en af­stand­be­heer­de wild­vang­net.

“Die Boe­re­plan-kom­pe­ti­sie is ’n won­der­li­ke in­stel­ling op die oes­dag,” sê Chris Burgess, re­dak­teur van Land­bou­week­blad. “Om heel­tyd plan­ne te be­raam, is im­mers wat boe­re e­nig in hul soort maak.”

NAM­PO KAAP

In Sep­tem­ber 2018 het Graan SA die eer­ste Nam­po Kaap by B­re­das­dorp aan­ge­bied. Al­te­sa­me 16 000 skou­gan­gers het dié O­ver­berg­se land­bou­skou se vee-uit­stal­lings, skeer­de­mon­stra­sies, wol­boer­pro­gram en jeug­skou by­ge­woon. Die ten­toon­stel­ling as ’n pro­jek deur die ge­meen­skap, vir die ge­meen­skap en voor­spel dat dit ’n hoog­te­punt op die Kaap­se land­bou­ka­len­der gaan word. “Die aan­bied van ’n Nam­po-land­bou­skou in die Kaap stel ook pro­du­sen­te wat weens sei­soe­na­le boer­de­ry­ver­plig­tin­ge nie die Nam­po-oes­dag op Bot­ha­vil­le kan by­woon nie, in staat om ’n soort­ge­ly­ke ge­beur­te­nis op hul drum­pel te er­vaar.

 2025 NAMPO Harvest Day: - Summary of Discussions Shaping the Future of Farming

NAMPO Harvest Day 2026 took place from 12 to 15 May in Bothaville, under the theme “Veerkragtigheid deur Innovasie” (Resilience through Innovation).The event once again confirmed its position as South Africa’s biggest and most important agricultural show. More than 900 exhibitors participated, with strong international presence including dedicated Chinese and Italian pavilions.Key Highlights:
  • Strong focus on technology and innovation — new tractor and vehicle launches, drone spraying demonstrations, and precision farming solutions.
  • Farmers and visitors enjoyed beautiful autumn weather and a vibrant atmosphere.
  • Popular attractions included the Santam Landbou Vroueprogram (featuring Lizz Meiring and Amanda Strydom), a strongman competition, and the popular Syngenta Boerekos Plaaskombuis.
  • Organisers introduced practical improvements such as on-site aircraft fuel and an expanded shuttle service to make movement across the large showgrounds easier.
NAMPO 2026 served as a major meeting point for commercial farmers, small-scale farmers, agribusinesses, input suppliers, and financiers. Amid tough economic conditions, rising input costs, and climate challenges, the show placed heavy emphasis on resilience, new technology, and sustainable farming practices.It remains the premier platform where the agricultural community gathers to network, do business, view the latest machinery and innovations, and discuss the future of South African farming.

As the world progresses into the digital era, the agricultural sector in South Africa stands at the brink of a transformative journey. With technology rapidly integrating into every facet of our lives, the relevance of agriculture in a digital age cannot be overstated. 

NATION IN CONVERSATION 2026  Official Panel Discussion Programme
NAMPO Harvest Day – Bothaville (12 to 15 May 2026)

Final Topics & Schedule
Date
Time
Topic
Mon 12 May
11:00 – 11:50
Resilience Through Innovation – Real stories from the farm
Mon 12 May
14:00 – 14:50
Foot-and-Mouth Disease Crisis – Why the current plan is failing
Tue 13 May
10:30 – 11:20
Input Costs Explosion – Fuel, fertiliser & electricity: How do we stay profitable?
Tue 13 May
13:30 – 14:20
New B-BBEE Rules – Will the amendments help or hurt agriculture?
Wed 14 May
11:00 – 11:50
Technology on Farms – Drones, AI & Robotics: Game changer or expensive hype?
Wed 14 May
14:00 – 14:50
Land Reform Reality Check – What is really working on the ground?
Thu 15 May
10:30 – 11:20
Young Farmers Speak Out – Challenges & opportunities for the new generation
Thu 15 May
13:00 – 13:50
The Future of NAMPO – How do we make this show better for farmers?

Getting around

Navigating the expansive grounds of NAMPO Park is made easier through various transportation options. OFM, NAMPO’s official media partner, will broadcast live from NAMPO Park, featuring a dedicated Agri hour and providing traffic updates throughout the day to ensure safe travel for listeners. The "Mieliehop" shuttle service operates daily between NAMPO Park and Bothaville, offering long-distance shuttles from OR Tambo airport and surrounding towns. Century Avionics's airport lounge welcomes air travellers to the northern side of the park, with a shuttle service available to Gate 3. Additionally, visitors can hop on one of the nine tractor trailers traversing different routes across the grounds, to help visitors move between different exhibitions and providing relief for tired feet through designated shuttle stops and schedules.

Get your tickets Online!

Tickets are available from TicketPro (www.ticketpros.co.za) from the beginning of April 2024 with discounted entry fees when purchasing online. Gates open at 07:00 and close at 17:00. Route directions as well as details on the private air strip are available from the website and the NAMPO App. No pets, bicycles, self-propelled carts, or motorcycles will be permitted on the premises. Visitors can use the transport carts moving along three different routes on the grounds throughout the day at no charge.

“NAMPO Harvest Day is still a not-to-be-missed highlight on the South African agricultural calendar. This unique platform facilitates peer-to-peer knowledge sharing, collaboration, and networking among farmers, researchers, and agricultural experts. South African producers can exchange ideas, learn from each other's experiences, strengthen friendships, and collectively address common challenges, all in one place”, Strydom concluded.

NAMPO 2024 icons and artwork will be available for download on the website. For more information, visit the website at www.nampo.co.za  or download the NAMPO app from your preferred online store.

NASKRIF

Dis was 'n voorreg om deel te kon wees van die eerste dae van Nampo in die laat sewentig jare en daarna elke jaar die Oesdag te kon bywoon as landbouer. Ons landbouers en uitstallers en besoekers bring vandag hulde aan almal wat deur die jare hard gewerk het aan hierdie droom. Suid Afrika se landbouers is van die beste in die wereld en ons gee hulle alle eer - Geniet 2026 Nampo -  Ons wens GraanSA en Nampo 2026 net die beste toe- mag dit weereens 'n sukses wees en mag ons landbouers en hulle gesinne die jaarlikse instelling geniet- Ons wens ons uitstallers net die beste toe en ons hoop dat goeie besigheid weereens gedoen gaan word.  

CRA MEDIA  Pretoria