VIEWPOINT- Welvaartbelastings – die sluipmoordenaar van familiebesighede

VIEWPOINT- Welvaartbelastings – die sluipmoordenaar van familiebesighede

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 
Familiebesighede en familieboerderye word dikwels oor dekades, selfs geslagte, opgebou. Dit verg jare se harde werk, opoffering en herbelegging om waarde te skep.

Tog word baie ondernemings onverwags gekonfronteer met ’n risiko wat dikwels onderskat word: welvaartbelastings  - kapitaalwinsbelasting, boedlelbelasting en selfs inkomstebelasting by afsterwe

Sonder vroeë beplanning kan welvaartbelastings stilweg ’n ernstige bedreiging vir die voortbestaan van familiebesighede word.

Vir baie besigheidseienaars en boere is die grootste deel van hul welvaart vasgevang in grond, vaste eiendom en ander kapitaalbates waarvan die waarde oor tyd aansienlik toegeneem het, en  dikwels in die persoonlike naam van die boer/eienaar gehou word.  

 

Afsterwe van die eienaar is ‘n gebeurtenis wat kapitaalwins berekening veroorsaak en saam met boedelbelasting betaalbaar raak.  Dit is nie bloot ‘n belastingberekening nie, dit kan ’n kontantvloeikrisis veroorsaak wat gesinne en opvolgers dwing om skuld aan te gaan, eiendom verder te beswaar, of selfs strategiese bates te verkoop om belastingverpligtinge te finansier.

Veral in die landbousektor, waar grondwaardes oor die afgelope dekade aansienlik gestyg het, kan die impak dramaties wees. So wanneer daar nie vroegtydig beplan word nie, kan die belastinglas uiteindelik nie net die familie nie , maar ook die voortbestaan van die boerdery onderneming onder druk plaas.

Die  vraag moet nie nie net wees hoe die belating vermy kan word nie, maar of die besigheid- en welvaart strukture optimaal ingerig om waarde oor geslagte te beskerm.

Belasting beplannng behoort deel te wees van ’n groter geïntegreerde proses waarin besigheidseienaars gereeld hul totale struktuur hersien om te verseker dat die besigheidstruktuur optimaal benut word, wat insluit trusts, maatskappy en ander regstukture, is opvolgbeplanning behoorlik gedoen, is daar voldeonde likiditeit en in hoe mate word welvaart vir die toekomstige geslagte beskerm.
 

Hierdie vrae raak nie net belasting nie — dit raak rentmeesterskap.

Die voorbeeld hieronder wys hoe die kombinasie van boedelbelasting en kapitaalwinsbelasting ’n belastinglas betekenisvol kan verhoog indien geen proaktiewe beplanning plaasvind nie. In baie gevalle besef families eers die omvang daarvan wanneer dit reeds te laat is.

Die beste tyd om hierdie gesprek te voer is nou,  want wanneer hierdie welvaartbelastings  eers hulle werk begin doen, is dit dikwels reeds te laat om die skade om te keer.

In die aangehegte praktiese voorbeeld wys ons hoe 'n boedel van R50 miljoen met meer as R14 miljoen se belastingaanspreeklikhede gekonfronteer kan word indien onvoldoende beplanning plaasgevind het
.  Meer as R14 miljoen moet dus in kontant beskibaar wees om dit te betaal anders moet moontlik lenings aangegaan word, eiendom verder beswaar word, of produktiewe grond of toerusting of  besgheid verkoop word.


In die proses word die oogmerke van die eienaar, soos vervat in sy testament, waarskynlik omvergegooi.

 

En dis presies waarom welvaartbelastings die sluipmoordenaar van familiebesighede genoem kan word. Nie omdat dit oornag vernietig nie — maar omdat dit oor jare opbou en eers sigbaar raak wanneer dit reeds te laat is.

Moontlike oplossings bestaan — maar daar is nie ’n standaard antwoord nie

Daar bestaan verskeie instrumente en strategieë wat in sekere gevalle gebruik kan word om welvaart oor geslagte te beskerm en toekomstige belasting- en likiditeitsdruk te verminder. Die resultaat moet oor meer as belasting gaan, maar of jou strukture optimaal opgestel is om die  familie se welvaart en boerdery onderneming te beskerm.  

Elke onderneming, familie en situasie het
egter unieke finansiële, belasting-, regs- en opvolgoorwegings wat in geheel beoordeel moet word.

Volg die skakel hieronder vir 'n praktiese gesprek oor welvaartbeskerming, besigheidstrukture, trusts, opvolgbeplanning en belastingbeplanning.

WEBINAAR 


Die belangrikheid van advies deur kundige en toepaslik gekwalifiseerde professionele persone kan nie oorbeklemtoon word nie -   insluitend gesertifiseerde finansiële beplanners, belastingpraktisyns, regsadviseurs en ander spesialiste waar nodig

(Lesers moet daarop let dat die inhoud hiervan slegs vir algemene inligting is en die inhoud, berekenings en implikasies dien nie as regs- of finansiële advies nie). 

Om in kontak te kom met die regte persone, kontak Koos Nel, HUB van Agri X, sel nr  082 459 1407 en epos, This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of Gideon Robbertse, kommersiële prokureur en lid van die Agri X paneel van deskunidiges: sel nr 072 788 3596 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Want to join our popular weekly viewpoint? Contact us at This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.! You can make your own Viewpoint. - Our Professional civilized approach to your option is respected.Every week, our flagship Viewpoint article is now shared with 35 international media houses across continents. These partners translate and publish the content in 12 international languages, putting South Africa's farming stories, challenges and triumphs in front of thousands of readers worldwide.

DISCLAIMER

The views and opinions expressed in this program are those of the writers and do not necessarily reflect the views or positions of any entities they represent. The information contained in this website is for general information purposes only. The information is provided by CRA and while we endeavour to keep the information up to date and correct, we make no representations or warranties of any kind, express or implied, about the completeness, accuracy, reliability, suitability or availability with respect to the website or the information, products, services, or related graphics contained on the website for any purpose. Any reliance you place on such information is therefore strictly at your own risk.