Die gemoedere van die Landbouers en hulle gesinne so voor die nuwe seisoen is dalk nie so lekker nie agv die politieke onrus en onsekerheid in ons land.





Die gemoedere van die Landbouers en hulle gesinne so voor die nuwe seisoen is dalk nie so lekker nie agv die politieke onrus en onsekerheid in ons land.





Sedert die ANC vroeg in Augustus hul steun vir onteiening sonder vergoeding (OSV) gegee het nadat ’n mosie daaroor in die parlement geslaag het, heers onsekerheid in Suid-Afrika en die landbou. Dit het ’n negatiewe uitwerking op ons ekonomie en beleggingsvertroue gehad, en tot ’n verharding in gesindhede gelei.





Suid Afrika se somergraanprodusente het 2 jaar agtermekaar rekord oeste gelewer- en dit na een van die ergste droogtejare (2015/16) in die geskiedenis van Suid Afrika- en dit kan weer gebeur- nie soos in ander landbou media's reeds voorspraak gemaak word vir 'n swak seisoen nie.





“Die nuwe wetsontwerp oor onteiening wat oor die volgende twee maande in die parlement ter tafel gelê gaan word, mag dalk ’n duideliker prosedure vir grondonteiening sonder vergoeding daarstel, maar dit bly ‘n suiwer onaanvaarbare politieke doelwit wat steeds ‘n groot bedreiging vir voedselsekerheid en die landbou se bydrae tot ekonomiese groei inhou,” sê Fanie Brink, ‘n onafhanklike landbou-ekonoom.





Mag en gulsigheid het sogenaamde groot sakemanne en politieke leiers met al hulle grootman praatjies al baie gekos. Suid Afrika se politieke leiers is bekend daarvoor dat hulle net kan praat en delegeer en baie min van hulle se grootman praatjies het al sukses opgelewer. Suid Afrika se rand is 'n duidelike bewys van hoe swak Suid Afrika bestuur word. In 1999 was die prys skaars R1.00 per liter en die Rand/ Dollar R4.80.
![]()
![]()