Daagliks lees jy in die media van almal wat 'n eier te le het oor Suid Afrika en wat gedoen en nie gedoen moet word nie. Dis die een ondersoek na die ander en dit laat my dink aan my skooldae toe kinders so onder mekaar baklei het en die een die ander een "verklik" het. Dit was bloot kinderpret maar hier praat ons van 'n land en 'n sogenaamde regering se doen en late in die donker en partykeer sommer in die lig ook.


